SKERPIOENSTEEK – Wat moet ek doen ?

IN 'N NOODGEVAL KLIEK HIER :

INLEIDING

Daar slegs sewe spinnekoppe in Suider Afrika waarvan ons werklik kennis hoef te neem. Vyf is gevaarlik en mag selfs dodelik wees of baie slegte nagevolge hê. Mediese hulp moet dringend by 'n hospitaal verkry word wanneer een van hulle jou byt.

Die vyf gevaarlikste spinnekoppe is:

Laasgenoemde twee se gif is sitotoksies d.w.s. die gif val die weefsel van die pasient aan en nie sy senustelsel nie. Hierdie gif voorkom dat wit bloedselle by beskadigde weefsel rondom die bytplek kan uitkom, en het tot gevolg dat die weefsel selle dan afsterf. Hierdie inflammasie moet dadelik aangespreek word aangesien sekondere inflammasie kan intree wat die proses kan vererger en ’n nog groter verlies aan weefselselle kan veroorsaak, dooie weefselselle kan nie vervang word nie en groot oop sere vorm dan, hierdie wonde neem lank om te genees en laat gewoonlik lelike gate in die weefsel agter. Vir meer inligting en fotos van sulke wonde gaan gerus na die eerste van die verwysings onder aan hierdie artikel.



Die swart knopiespinnekop met sy kenmerkende rooi uurglas merk op die onderlyf (Pootspan tot 40mm)
Kom oor die hele Suidelike Afrika voor, buitens huis so wel as binnens huis.


Die bruin knopiespinnekop. Hy het dieselfde kenmerkende rooi uurglas merk op die onderlyf soos sy nefie die swart knopiespinnekop.
(Liggams lengte 8-15mm, pootspan tot 40mm)
Kom hoofsaaklik in Zimbabwe, die Limpopo en Gauteng provinsies voor.


Die sesoogkrapspinnekop ook bekend as sesoogsandspinnekop. Foto: N Larsen (biodiversity explorer)
Liggaamslengte ongeveer 9-19 mm en sy pootsirkel diameter ongeveer 60mmm
Baie skaars en kom slegs in die Kalahari en Namib Woestyn se sand voor.

Die sesoogsandspinnekop se gene naam “Sicarius” of in Afrikaans vertaal, moordenaar, sê sommer als. Sy gif is hemolities asook nekrotoksies, veroorsaak dus bloeding sowel as weefsel vernietiging. Daar is geen effektiewe behandeling teen sy byt nie. Gelukkig is hy skaars en kom slegs voor in dorre dele soos die Kalahari en die Namib woestyn en is ook nie vinnig om te byt nie. Hy begrawe himself in die sand en wag vir sy prooi. Sy liggaam is ook bedek met haartjies wat sand vasvang om sodoende sy kamoflering ook te kan verbeter. Hy loop soos 'n krap en het ses oë, gegroepeer in drie groepe van twee oë elk.



Die vioolspinnekop met sy kenmerkende prentjie van 'n viool oor sy kop en rug sigbaar.
Sy liggaamslengte is ongeveer 7-12 mm en sy pootsirkel diameter ongeveer 40 mm.
Hulle jag snags en kom voor onder stompe en word baie algemeen gevind in grotte oral oor in Suid Afrika


Die langbeensakspinnekop met sy kenmerkede geel bruin lyf en swart monddele.
Foto deur: Johan Heyns (project noah)
Langbeensakspinnekoppe word algemeen buite gevind, slegs een spesie naamlik C. furculatum word gereeld in huise gevind. Daar mag hul die dag spandeer byvoorbeeld in die voue van gordyne of beddegoed, en selfs klere wat hang op die wasgoedlyn in 'n sagte sy koekon agtige skuilplek.


Die twee vreesaanjaendste spinnekoppe is natuurlik :

Bogenoemde twee is slegs vreesaanjaend, hul byt is wel baie pynlik maar hul gif is net matig toksies wat jou kan laat sleg voel maar is glad nie lewensgevaarlik nie.

Die bobbejaanspinnekoppe is 'n groot, stewige, harige, lig bruin, of rooi bruin tot swart spinnekoppe met 'n groot lyf en stewige pote en het 'n pootspan wat tot 120mm in deursnee kan wees. Woon in ondergrondse tonnels van tot 40 cm diep, netjies uitgevoer met sy. Hulle jag gewoonlik saans.

Persone wat gebyt word deur 'n bobbejaanspinnekop voel onmiddelik 'n brandende pyn afkomstig van die bytplek, na twee ure kan die pasient begin vomeer, selfs tekens toon van skok, raak bleek en ondervind probleme om normaal te kan loop, maar sy byt is glad nie noodlottig nie.



Die blou poot bobbejaanspinnekop. (Foto deur: Charles Haddad)
http://www.sanbi.org/creature/blue-footed-baboon-spider


Die skaars goue bobbejaanspinnekop.


Die tand van 'n bobbejaanspinnekop kan soms langer wees as die van 'n Kaapse kobra.
(Photo: John Visser.)

Die tweede van die groep vreesaanjaende spinnekoppe is die rooi roman (ook bekend as die baardskeerder of haarskeerder). Die rooi roman is nie werklik 'n spinnekop nie maar lyk soos een. Hy val in 'n ander orde naamlik Solifugae 'n orde wat ook beter bekend is in Noord Afrika as die kameel spinnekoppe. Die latynse naam Solifugae, beteken, “vlug van die son” wat hul ook soms die naam van son spinnekoppe gee.



Die Rooi Roman (Foto: www.rentokil.co.za)

Hulle kom voor in droë en warm dele, jag in die dag en vlug van die hitte deur van skaduwee tot skaduwee te beweeg. Vandaar die gedagte dat hul mense aanval en wanneer jy dan weg beweeg dit lyk of hul jou volg, eintlik volg hul slegs jou skaduwee. Die lyf is rooi bruin, dit lyk of hul tien bene het en nie agt soos alle spinnnekoppe nie, die eerste paar bene is eintlik vals bene en dien as reuk sensors en raak gewoonlik nie die grond nie, maar hul kan ook ingespan word om prooi vas te hou of om teen rotse op te klim. Die vreesaanjaende knypers voor aan die mond is die rede waarom almal dink hy moet gevaarlik wees en natuurlik die feit dat hy op jou afpyl en dit lyk of hy jou aanval, maar eintlik soek hy net 'n bietjie skaduwee teen die son se hitte, en joune is lekker groot. Hulle is glad nie giftig nie maar hul byt of liefs knyp kan baie pynlik wees. Sy pootsirkel diameter kan ook so groot as 120mm wees.


SIMPTOME NA DIE BYT VAN 'N SPINNEKOP MET NEUROTOKSIESE GIF (Swart en bruin knopiespinnekoppe)

Hul byt gaan gepaard met 'n erge brandpyn rondom die bytplek en wat tipies bestaan uit twee gaatjies so 3-4mm uit mekaar. Sien foto hieronder.



Photo: David O'Connor   http://www.medicinenet.com/

Baie van die simptome is dieselfde as die van 'n neurotoksiese skerpioen steek wat die moeilik maak om te onderskei. Gewoonlik sien jy die skerpioen wat jou gesteek het terwyl jy nie altyd weet dat jy deur 'n knoppiespinnekop gebyt is nie. Soek dus vir die bytplek indien nog sigbaar. Onthou kinders en ouer persone is is ook hier die hoë risiko groep.

Dit is belangrik om daarop te let dat die bruin knopiespinnekop ongeveer 'n kwart so giftig is as die van die swart knopiespinnekop en dat daar nog geen sterfte aangeteken is van iemand wat deur 'n bruin knopiespinnekop gebyt is nie.


SWART KNOPIESPINNEKOP BYT - Die volgende simptome kan voorkom:
BRUIN KNOPIESPINNEKOP BYT -

Die volgende simptome kan voorkom:

BEHANDELING


Wat moet jy doen as jy gebyt word Wat moet jy NIE moet doen nie Wat gebeur in die hospitaal

SIMPTOME NA DIE BYT VAN 'N SPINNEKOP MET SITOTOKSIES GIF ( Vioolspinnekop, langbeensakspinnekop )


1. VIOOLSPINNEKOP BYT - Die volgende simptome kan voorkom:

BEHANDELING


Wat moet jy doen as jy gebyt word Wat moet jy NIE moet doen nie Wat gebeur in die hospitaal

2. LANGBEENSAKSPINNEKOP BYT - Die volgende simptome kan voorkom:


BEHANDELING


Wat moet jy doen as jy gebyt word Wat wel in 'n hospitaal sal plaasvind:

TEN SLOTTE

Dit is belangrik om te weet dat spinnekoppe slegs byt om hulself te beskerm. Hul byt dus slegs as hul aangespoor / getart word of wanneer hulle vasgedruk word, wat gewoonlik die geval is wanneer jy in jou slaap deur 'n spinnekop gebyt word. Jou kanse om deur 'n gevaarlike spinnekop gebyt te word is baie skraal, moet dus asseblief nie alle spinnekoppe wat jy teekom links en regs dood maak nie.


VERWYSINGS GEBRUIK EN VERDERE LEESSTOF

http://www.cmej.org.za/index.php/cmej/article/view/2547/2582
PDF weergawe van bogenoemde  

http://www.spiderclub.co.za/articles/dangerousSpiders.html
PDF weergawe van bogenoemde  

http://www.smcmad.org/data/brochures/other_vectors/yellowsacspider.pdf

http://www.biodiversityexplorer.org/arachnids/spiders/bites.htm

http://www.biodiversityexplorer.org/arachnids/spiders/button_spider_bites.htm

http://www.biodiversityexplorer.org/arachnids/spiders/sac_spider_bites.htm

http://www.biodiversityexplorer.org/arachnids/spiders/violin_spider_bites.htm

http://www.biodiversityexplorer.org/arachnids/spiders/sicariidae/sicarius.htm

Sasol Eerste veldgids tot Spinnekoppe en Skerpioene van Suider Afrika, saamgestel deur Tracey Hawthorne

Laaste Bywerking: 2015/01/31

Flag Counter