MY BESKEIE AANBEVELINGS VIR DIE NATUURLEWE FOTOGRAAF

Indien reis en natuurlewe fotografie saam jou passie is sou ek die volgende aanbeveel:

(Nikon gebruikers kyk op Nikon se webblad vir soortgelyke kamera rompe en lense asseblief.)

  1. VIR DIE PERSOON WAT GRAAG NET GOEIE HOë KWALITEIT HERINNERING VAN SY REIS WIL VASLê (Brugkameras)
  2. Een van die volgende :

    1. Canon Powershot SX50 HS 12 MP, f3.4-6.5, 50x zoom, 24-1200mm, 13fps, IS, full HD video
    2. Nikon P520 18 MP, f3.0-5.9, 42x zoom, 24-1000mm, 7fps, VR, full HD video
    3. Sony Cybershot DSC-HX300 20 MP, f2.8-6.3, 50x zoom, 24-1200mm, 10fps, LS, full HD Video
    4. Fuji FinePix S8500 16 MP, f2.9-6.5, 46x zoom, 24-1104mm, 10fps, LS, full HD video
    5. Fuji FinePix SL1000 16 MP, f2.9-6.5, 50x zoom, 24-1200mm, 10fps, LS, full HD video
    6. Fuji FinePixHS50EXR 16 MP, f2.8-5.6, 42x zoom, 24-1000mm, 11fps, LS, full HD video

  3. VIR DIE PERSOON MET 'N BEPERKTE BEGROTING (Die minimum SLR Stelsel)
  4. 1 x Canon 70D kamera romp (20 Mp, 7 fps, 1.6x kropfaktor, SD geheuekaartgleuf, )        Die minimum vir goeie natuurlewe fotos.
    of
    1 x Canon 7D kamera romp (18 MP, 8 fps, 1.6x kropfaktor, CF geheuekaartgleuf) Met ruimte vir toekomstige groei
    1 x Canon EF-S 18-135mm f3.5-5.6 IS USM zoom lens Jou rondloop lens
    1 x Canon EF 100-400mm f4.5-5.6 L IS USM zoom lens Vir diere en voëls
    1 x Canon EF 100mm f2.8 Macro USM Vir goggas en klein blommetjies

    Die 35mm ekwivalente bereik van bogenoemde is 29mm – 640mm. Die beperkings is dat die 100-400mm alhoewel redelik skerp baie stadig fokus en nie vir voëls in vlug geskik is nie. Daarvoor sal jy 'n EF 400mm f5.6 L USM lens moet aanskaf. Let op hierdie lens het ongelukkig nie 'n stabiliserings funksie nie.

  5. VIR DIE PERSOON WAT MEER ERNSTIG IS EN REEDS SY BANKBESTUURDER KEN
  6. 1 x Canon 7D kamera romp, (18 MP, 8 fps, 1.6x kropfaktor)     
    1 x Canon EF-S 10-22mm f3.5-4.5 USM Wye hoek lens vir landskappe
    1 x Canon EF 24-105mm f4 L IS USM (Series II) Jou rondloop lens
    1 x Canon EF 70-200mm f2.8 L IS USM (Series II) Vir jou groter diere
    1 x Canon EF 300mm f2.8 L IS USM (Series II) Vir die luiperd in die boom en voëls
    1 x Canon EF 100mm f2.8 Macro USM Vir goggas en klein blommetjies
    1 x Canon EF Converter 1.4X (Series III)
    1 x Canon EF Converter 2.0x (Series III)

    Die 35mm ekwivalent bereik van bogenoemde is 16mm – 960mm. Die beperkings is dat die 300mm + 2x alhoewel steeds baie skerp, baie stadig fokus en nie vir voëls in vlug geskik is nie. Die 300m met 1.4x is wel vinnig genoeg vir voëls in vlug en is steeds baie skerp.

  7. VIR DIE PERSOON WAT DAAGLIKS SAAM MET SY BANKBESTUURDER GHOLF SPEEL
  8. 1 x Canon 5D MK III kameraromp, (22 MP, 6 fps, volraam) Vir landskappe en portretstudies
    1 x Canon 7D kamera romp, (18 MP, 8 fps, 1.6x kropfaktor) Natuurlewe
    1 x Canon EF 16-35mm f2.8 L IS USM (Series II) Landskappe en klein ruimtes
    1 x Canon EF 24-105mm f4 L IS USM (Series II) Jou rondloop lens vir beide rompe
    1 x Canon EF 70-200mm f2.8 L IS USM (Series II) Vir groter diere relatief naby
    1 x Canon EF 200-400mm f4 L IS USM met ingeboude 1.4x vergroter       Diere verder weg en voëls
    1 x Canon EF 100mm f2.8 Macro IS USM Vir goggas en klein blommetjies
    1 x Canon EF Converter 1.4X (Series III)

    Die 35mm ekwivalent bereik van bogenoemde is 16mm – 896mm. Die enigste probleem is dat jy met die geld van bogenoemde ook 'n goeie nuwe motor vir jou vrou kon koop en jy dus by haar sal moet verbykom.

  9. VIR DIE PERSOON WAT NIE MEER 'N BANKBESTUURDER NODIG HET NIE
  10. 1 x Canon 1DX kameraromp, (18 MP, 12 fps, volraam) Natuurlewe swak lig, voëls in vlug
    1 x Canon 5D MK III kameraromp, (22 MP, 6 fps, volraam) Vir landskappe en klein ruimtes
    1 x Canon 7D kamera romp, (18 MP, 8 fps, 1.6x kropfaktor)       Natuurlewe verder weg (1.6x krop)
    1 x Canon EF 16-35mm f2.8 L IS USM (Series II) Landskappe en klein ruimtes
    1 x Canon EF 24-105mm f4 L IS USM (Series II) Jou rondloop lens vir beide rompe
    1 x Canon EF 70-200mm f2.8 L IS USM (Series II) Vir groter diere relatief naby
    1 x Canon EF 200-400mm f4 L IS USM met ingeboude 1.4x vergroter     Diere verder weg en voëls
    1 x Canon EF 600mm f4 L IS USM (Series II) Voëls
    1 x Canon EF 100mm f2.8 Macro IS USM Vir goggas en klein blommetjies
    1 x Canon EF Converter 1.4X (Series III)

    Die 35mm ekwivalent bereik van bogenoemde is 16mm – 1344mm. Die enigste beperkings is dat jy nie meer 'n 600mm lens met 1.4x vergroter op 'n 7D kameraromp sonder 'n goeie driepoot plus 'n “gimble head” kan stil hou nie. Indien jy genoeg ruimte in jou voertuig het kan jy die 600mm f4 met 'n 800mm f5.6 vervang as jy nie van vergroters hou nie.

  11. INDIEN JY NIE OMGEE OM GOEIE TWEEDEHANDSE LENSE TE KOOP NIE
  12. 1 x Canon 1D Mk IV kamera romp, (16 MP, 10 fps, 1.3x kropfaktor), (tweedehands)    
    1 x Canon 7D kamera romp, (18 MP, 8 fps, 1.6x kropfaktor), (nuut )
    1 x Canon 7D kamera romp, (18 MP, 8 fps, 1.6x kropfaktor), (tweedehands)
    1 x Canon EF-S 10-22mm f3.5-4.5 USM (tweedehands) Landskappe en klein ruimtes
    1 x Canon EF 24-105mm f4 L IS USM (Series I) (nuut) Jou rondloop op 'n 7D
    1 x Canon EF 70-200mm f2.8 L IS USM (Series II) (nuut) Vir groter diere relatief naby
    1 x Canon EF 300mm f2.8 L IS USM (Series I) (tweedehands) Diere verder weg en voëls
    1 x Canon EF 500mm 4 L IS USM (Series I) (tweedehands) Voëls
    1 x Canon EF 100mm f2.8 Macro USM Vir goggas en klein blommetjies
    1 x Canon EF Converter 1.4X (Series II of III) (tweedehands)
    1 x Canon EF Converter 2.0x (Series III) (tweedehands of nuut)

    Die 35mm ekwivalent bereik van bogenoemde is 16mm – 1120mm. Bogenoemde is 'n volledige stelsel teen 50% van die prys van 5. hier bo en sal fotos van 95% of beter die kwaliteit en skerpte van stelsel 5. hierbo oplewer. Bogenoemde mag dalk 'n kg bysit by die totale gewig van al die toerusting wat jy moet ronddra, maar in my opinie teen helfte van die prys sal ek glad nie die gewigsverskil voel nie. Wanneer jy tweedehandse lense koop let op vir skrapies op die lense en maak seker al die funksies soos stabilisering en outofokus werk goed. Neem 'n paar toets fotos en kyk daarna op 'n draagbare rekenaar teen 100% resolisie. Maak seker die lens behoort aan die verkoper deur vir die oorspronklike aankoop kwitansie te vra. Wanneer jy 'n duur lens soos 'n 300mm f2.8 of 'n 500mm f4 tweedehands koop, laat dit diens en herkalibreer by Cameratek in Johannesburg, Kaapstad of Durban. Hou ODP se “CLASSIFIEDS” dop vir goeie tweedehandse lense teen 'n billike prys in jou omgewing.

Laaste Bywerking: 2013/12/18

Flag Counter