SUID AFRIKA SE GEELKOORS REGULASIES
(Voorkoming van Geelkoors in Suid Afrika)

Vanaf 1 Oktober 2011 word daar verwag van alle persone wat na Suid Afrika reis vanaf enige van die volgende lande (insluitende Zambia nou) :

om in besit te wees van 'n geldige geelkoors inentingssertifikaat ('n sogenaamde geelkaart).




Inentings moet aan die vereistes van die Wêreld Gesondheids Organisasie (WGO) voldoen en moet minstens 10 dae voor jou vertrek of binnekoms deur 'n goedgekeurde geelkoors inentings fasiliteit of reiskliniek toegedien word. Die persoon se inentingsertifikaat moet hom op sy reis vergesel en moet by aankoms aan immigrasie getoon word.

Slegs persone wat met 'n vrywarings sertifikaat wat om mediese redes uitgereik is deur 'n goedgekeurde geelkoors inentings fasiliteit sal toegelaat word om die land binne te kom indien hul deur of van, enige 'n land kom op bogenoemde lys reis. So 'n persoon word verplig om enige koors of ander simptome van die siekte by sy aankoms of tydens sy verblyf by die gesondheids owerhede aan te meld. So 'n persoon sal ook onder mediese toesig / kwarentyn geplaas word.


Die amptelike skrywe van die Nasionale Departement van Gesondheid kan hier gevind word :
http://www.health.gov.za/docs/Policies/2011/yellowf_policy.pdf
PDF weergawe van bogenoemde  

Die Nasionale Departement van Gesondheid se brosjure oor Geelkoors Gesondheids Informasie vir Reisigers, 2013 kan hier op die web gevind word.
http://www.dfa.gov.za/consular/2013/yellow_fever0807a.pdf
PDF weergawe van bogenoemde  

Vir meer inligting oor die veiligheid van geelkoors entstof en waar jy kan gaan vir immuniseering lees gerus die volgende artikel op die Travelstart webblad by:
http://www.travelstart.co.za/lp/travel-tips/yellow-fever
PDF weergawe van bogenoemde  

Laaste Bywerking: 2015/01/24

Flag Counter