SLANG BYT – Wat moet ek doen ?


'N BIETJIE INLIGTING VIR DIE WAT BELANGSTEL OF GEINTERESEERD IS

Vir die meeste mense is 'n slang vreesaanjaend en 'n toevallige ontmoeting in die veld, iets wat net in jou nagmerries mag voorkom. Die ironie van die saak is dat slange ook nie graag met mense wil kennis maak nie, hul is oor die algemeen sku diere, en sal eerder vinnig weg seil wanneer hul deur mense verras of gesteur word. Slange jaag of agtervolg dus ook nie mense nie. Die enigste uitsonderings op die vinnig weg seil reel is die adder familie, soos die pofadder en die Gaboen adder, wat stil sal bly lê met die hoop dat jy hom nie sal raak sien nie vanweë hul goeie kamoefleuring.

Van die 170 of so slangsoorte wat in Suider Afrika voorkom is die pik van slegs 15 potensieel noodlottig. Twee soorte, naamlik die Gaboen adder en die swart spoegkobra, baie kom selde hier voor en die risiko om deur een van hulle gepik te word is dus baie skraal. Dit laat ons met slegs 13 van die baie giftige slang soorte waarvoor ons versigtig moet wees hier in Suider Afrika. Die pik van die res van die slange kan ernstige pyn, swelling, klierpyn en hoofpyn tot gevolg hê maar jy behoort geen lang termyn newe effekte daarna oor te hou nie tensy nekrose of sekondere infeksie ingetree het .

Die lys van die 13 gevaarlikste slange in Suider Afrika is: die swart mamba, die groen mamba, die pofadder, die Mozambiekse spoegkobra, die Kaapse kobra of koperkapel, die boskobra, die wipneuskobras of bosveldkapel, die Anchieta kobra of Angolese kobra, die sebraslang, neuskobra, , die rinkhals, die boomslang en die voël of takslang.

Daar is 'n paar slange wat 'n baie slegte reputasies het omdat hul dood speel en dan, wanneer hul gepla word blitsvinnig pik. Die wenner van die Oscar is natuurlik die rinkhals wat sommer so dood daar lê, kop onderstebo en mond effens oop, tweede plek gaan natuurlik aan die pofadder wat net rustig bly lê en wag. Asof hy dood is, en glad nie haastig is om na veiligheid te seil as jy naby hom kom nie, om die waarheid te sê hy wag dat jy per ongeluk op hom trap. Die pofadder, alhoewel nie die giftigste slang in Afrika nie, is as gevolg hiervan ook verantwoordelik vir die meeste sterf gevalle in Afrika. Die Mozambiekse kobra kan ook soms dood speel.


'n Rinkhals wat dood speel.
Foto deur: MrG (www.sareptiles.co.za)

Nee, hierdie pofadder is ook nie dood nie
Foto deur: Michael Morris www.trekkingtripod.com)

Dit is ook belangrik om kennis te neem dat daar drie slangsoorte is wat in Suider Afrika voorkom wat nie net 'n giftige byt het nie maar ook dieselfde gif tot so ver as 3m kan spoeg. Hul mik gewoonlik vir die oë en is nogal baie akkuraat. Die gif verblind die aanvaller en gee die slang dan kans om te kan ontsnap. Net die rinkhals, Mozambiekse spoegkobra en die swart spoegkobra het hierdie vermoë.

'n Spoegende Mozambiekse kobra. Navorsing het getoon dat hul 8 uit die 10 keer suksesvol is en hul teiken tref, jou oë natuurlik. Foto: Matt Soniak (mental_floss.com)

Die slang met die grootste of mees gevreesde reputasie in Afrika is natuurlik die swart mamba. Deur die jare het baie stories en mites oor die swart mamba ontstaan wat hierdie reputasie baie aangehelp het. Hy is baie senuweeagtig en en kom aggresief voor wanneer hy bedreig of vasgekeer voel, een van die redes waarom baie dink hy is van geaardheid aggresief, maar sy eerste keuse is steeds om eerder na veiligheid te probeer wegseil as hy kan. 'n Swart mamba kan sy kop ongeveer 40% van sy totale lengte van die grond af optel hoofsaaklik as hy van die grond af weer gou in 'n boom wil kom. Daar is ook stories en selfs videos wat die rondte doen en beweer dat hul 6 meter en langer kan word, wat natuurlik ook nie waar is nie. Die gemiddelde lengte van 'n volwasse mamba is tussen 2.4 tot 3.5m. (Maksimum lengte 4.5m). Hy is wel die vinnigste slang en kan tot 16 km/u beweeg (seil) vir kort afstande, hoofsaaklik om te vlug. Indien 'n swart mamba ernstig bedreig word en vasgekeer voel kan hy sy prooi in 'n oogwink tot soveel as 12 keer pik. Hy is wel ook een van die wêreld se giftigste slange, sonder behandeling kan die dood in sommige gevalle binne 30 minute intree, maar normaalweg het jy 6-8 uur tyd. Onder die inheemse mense van Afrika staan sy byt bekend as die “soen van die dood” of “the kiss of death”. Die swart mamba se naam kom van die kleur aan die binnekant van sy mond wat ink swart is en nie van die kleur van sy vel nie, die kan wissel van grysgroen, grysbruin na liggrys.


DIE SWART MAMBA

Foto deur: Bill Love, Blue Chameleon Ventures (Wikipedia)

Foto deur: Maik Dobiey

DIE VERSKILLENDE TIPES SLANGGIF EN WAT DIT AAN DIE PASIENT DOEN

Daar is 4 tipes slang gif geidentifiseer. Elke tipe gif het 'n ander uitwerking op die liggaam van die mens.

Daar slange soos die Mosambiekse Spoegkobra wie se gif meer as een van bogenoemde tipes gif bevat, naamlik in hierdie geval sitotoksies sowel as neurotoksies, wat dus gedeeltelike blindheid so wel as vel en weefselverlies tot gevolg kan hê.


DIE GIFTIGSTE SLANGE VAN AFRIKA

1. SUIDER AFRIKA


1.1 SWARTMAMBA

Foto geleen by: http://animalyou.blogspot.com/2013/01/black-mamba.html
Wetenskaplike naam: Dendroaspis polylepis

Kenmerke:
Lengte 2.5m – 3.5m (4.5m maks.)
Die grootste, langste en giftigste van die giftige slang soorte in Afrika.
Aktief in die dag.
Kleur – grysgroen, bruingroen of Liggrys. Binne kant van mond inkswart.

Habitat:
Kom voor in struike, bome of digte bos maar ook op die grond in oop kole voor.

Gif:
Baie sterk neurotoksies. Val die senustelsel aan. Veroorsaak duiseligheid, naarheid, ernstige asemhalings probleme, verlamming en 'n onreelmatige hartklop Noodlottig sonder enige mediese behandeling. Tyd tot beskikking 6-8 uur. In sommige gevalle slegs 30 minute.
Verspreiding:

Kaart geleen van: http://snakebiteassist.co.za/
1.2 OOSTELIKE GROENMAMBA

Foto: http://www.bio.miami.edu/
Wetenskaplike naam: Dendroaspis angusticeps

Kenmerke:
Lengte 1.8m – 2.5m (3m maks.)
Kleur – smaraggroen, soms met geel kolle hier en daar. Liggroen pens.
Word selde gesien, goed gekamoefleur en sku, beweeg vinnig weg as hy gesteur word. Aktief in die dag.

Habitat:
Kom voor in struike, bome en digte bosse maar selde op die grond.

Gif:
Sterk nerotoksies. Veroorsaak swelling van die bytplek, duisligheid, naarheid, ernstige asemhalings en sluk probleme, stuiptrekkings en 'n onreelmatige hartklop Noodlottig sonder enige mediese behandeling.
Verspreiding:

Kaart geleen van: http://snakebiteassist.co.za/
1.3 BOOMSLANG

Foto: W Warby/Flickr
Wetenskaplike naam: Dispholidus typus

Kenmerke:
Lengte 1.0m – 1.6m (2.0m maks.)
Kort stomp kop baie groot oë.
Blaas die nek en 'n groot deel van die lyf op as hy bedreig voel. Bedrywig in die dag.
Kleur – Mannetjies heldergroen met swart bande oor rug en swart rande om skubbe. Wyfies dof olyfgroen of bruinerig met 'n vuil witpens

Habitat:
In bome en struike. Verkies oop bosveld en savanne. Afwesig in die droë weste.

Gif:
Sterk hemotoksies. Veroorsaak erge bloeding uit sluimvliese sowel as ernstige inwendige bloeding. Die gif werk stadig en kan soveel as 24-48 uur neem vir die ernstige simtome om te toon. Noodlottig sonder mediese behandeling.
Verspreiding:

Kaart geleen van: http://snakebiteassist.co.za/
1.4 VOëLSLANG of TAKSLANG

Foto: Jelger Herder
Wetenskaplike naam: Thelotornis capensis

Kenmerke:
Lengte 0.6m -1.2m (1.6m maks.)
'n Dun slang wat lyk soos 'n takkie.
Kleur – Grys-vaalbruin met effens ligte en donker vlekke. Wanneer bedreig, blaas hul die keel op en vertoon groot swart vlekke op sykant van nek.

Habitat:
Bosagtige dele. Van kuswoude tot bosveld-savanne.

Gif:
Sterk hemotoksies. Veroorsaak inwendige bloeding. Die gif werk stadig en kan soveel as 24-48 uur neem vir die ernstige simptome om te toon. Geen teengif beskikbaar. Noodlottig sonder mediese bystand.
Verspreiding:

1.5 POFADDER

Wetenskaplike naam: Bitis arietans

Kenmerke:
Plat bree diamant vormige kop, res van lyf kort en geset. Stadig maar humeurig.
Lengte 0.6m -1.0m (1.5m maks.)
Kleur – skakerings van geel-bruin en bruin met donker bruin tot swart dwars chevron strepe.

Habitat:
'n Grondbewoner wat voorkom in savanne, grasveld, semi-woestyn, ruigtes en fynbos. Dus enige omgewing waar hy homself goed kan kamoefleur en wag.

Gif:
Baie sterk sitotoksies. Veroorsaak swelling, erge pyn en ernstige nekrose. Kan ook noodlottig wees. Sterftes word veroorsaak deur orgaan versaking of gangrene. Stadig werkende gif. Sterftes kom selde voor binne 24 uur na byt. Mediese behandeling noodsaaklik.
Verspreiding:

Kaart geleen van: http://snakebiteassist.co.za/
1.6 RINKHALS

Wetenskaplike naam: Hemachatus haemachatus

Kenmerke:
Stewige slang. Maak sy kop bak wanneer hy bedreig voel. Spoeg gif na vyand se oë.
. Lengte 1.0m - 1.2m (1.5m maks.)
Kleur – Soms donker bruin, leiklip grys, of donker swart bo sowel as onder met twee of drie wit bande op die keel.

Habitat:
Hou van grasvelde en woon in knaagdier-gate en kom baie algemeen op klein-hoewes voor.

Gif:
Beide sitotoksies en neurotoksies. Veroorsaak pynlike swelsel van die ledemate en dikwels ernstige nekrose in en om die bytplek. Kan ook noodlottig wees. Mediese behandeling dus noodsaaklik.
Verspreiding:

Kaart geleen van: http://snakebiteassist.co.za/
1.7 DIE KAAPSE KOBRA OF KOPERKAPEL

Foto: mazdawildlifephotography.com.
Wetenskaplike naam: Naja nivea

Kenmerke:
Senuweeagtig en aggresief. Staan gou bakkop orent as hy bedreig voel en beweeg dan nie maklik weg nie.
. Lengte 1.0m - 1.5m (2.3m maks.)
Kleur – Sandbruin tot donker bruin, liggeel tot goudgeel en kan soms gespikkel wees. Het altyd 'n blink skynsel.
Jag bedags veral vroeg oggend.

Habitat:
Droë sanderige dele van Namibia en Botswana en die droër westelike dele van Suid afrika. Soms naby water (rivierlope) en woonplekke van mense

Gif:
Die mees giftigste neurotoksiese kobra in Afrika. Asemhalings probleme ontstaan, met noodlottige gevolge. Mediese behandeling binne 2-6 uur is noodsaaklik.
Verspreiding:

Kaart geleen van: http://snakebiteassist.co.za/
1.8 DIE MOZAMBIEKSE SPOEGKOBRA

Foto: G. Tomsett , from SARCA Virtual Museum
Wetenskaplike naam: Naja mossambica

Kenmerke:
Kan gif spoeg van enige posisie, selfs sonder om sy kop te lig en bakkop te trek.
Lengte 1.0m - 1.2m (1.6m maks.)
Kleur – Olyfbruin met swart omlyning van skubbe en liggeel en swart bande op keel.

Habitat:
Bosveld, grasvelde (vogtige savanne). Bly in knaagdiergate, in klipskeure maar ook soms in boom of bosse.

Gif:
Sterk sitotoksies en neurotoksies. Kan gedeeltelike blindheid veroorsaak wanneer slang gif in oë kom wanneer hy jou spoeg. Velverlies kom voor waar gif op vel kom asook erge nekrose om bytplek. Byt baie pynlik en die wond en ledemaat swell op. Swart kolle of blasé naby bytplek ontstaan. Nekrose vind hier plaas. Mediese behandeling is dus noodsaaklik om nekrose te beperk.
Verspreiding:

Kaart geleen van: http://snakebiteassist.co.za/
1.9 BOSKOBRA

Foto deur: Tyrone Ping
Wetenskaplike naam: Naja melanoleuca

Kenmerke:
Stewige slang. Sku en word selde gesien. Jag hoofsaaklik saans. Smal bakkop. Die grootste kobra in Afrika.
Lengte 1.5m – 2.0m (2.7m maks.)
Kleur – Geelbruin kop. Onderkant geel met swart spikkels. Die bokant van die lyf raak al donkerder na die stert toe wat swart is.

Habitat:
Gemaklik op die grond of in bome. Verkies gebiede met digte plantegroei, kuswoude en moerasse. Kan ook goed swem.

Gif:
Sterk neurotoksies maar vanweë sy sku geaardheid word mense baie selde gepik. Kan noodlottig wees en Mediese behandeling is dus wel noodsaaklik.
Verspreiding:

Kaart geleen van: http://snakebiteassist.co.za/
1.10 WIPNEUSKOBRA of BOSVELDKAPEL

Foto deur: Lizz/Snakes.co.za
Wetenskaplike naam: Naja annulifera

Kenmerke:
'n Stewige gebou slang. Tweede grootste kobra in Suider Afrika. Vorm 'n indruk-wekkende bree bakkop as hy bedreig voel.
Lengte 1.5m – 1.8m (2.5m maks.)
Kleur – Bokant, geelbruin tot grysbruin, donker bruin of blouswart areas vorm op die rug wat die slang 'n gebande voorkoms gee. Die onderkant is geel met 'n donker bruin band om die keel.

Habitat:
Droë en ook vogtige savanne en die laeveld en bosveld gebiede.

Gif:
Neurotoksiese gif wat die asemhalingstelsel aanval en indien jy nie mediese hulp kry nie op 'n asemhalings masjien geplaas word nie) sterf die pasient van asemhalingsversaking. Bytplek – brandpyn, swelling en soms blase.
Verspreiding:

Kaart geleen van: http://snakebiteassist.co.za/
1.11 ANCHIETA SE KOPRA of ANGOLESE KOBRA

Foto: Aat Vuik
Wetenskaplike naam: Naja anchietae

Kenmerke:
'n Stewige slang met 'n groot bakkop. Lê graag en bak in die son naby sy blyplek maar begin jag so teen sononder.
Lengte 1.0m - 1.5m (2.3m maks.)
Kleur – Of bruin, oranje bruin, persbruin byna swart met gespikkelde wit pens. Of geband met donker bruin en geel bande. Beide variante het 'n donker bruin band om keel.

Habitat:
Kom voor in die noorde van Namibia, Botswana en Angola. Hou graag by waterpanne of bebosde rivieroewers.

Gif:
Sterk neorotoksiese gif wat die asemhaling stelsel aanval en indien die pasient geen mediese behandeling ontvang nie, noodlottig kan wees omdat pasient ophou asemhaal. Dringende mediese hulp is dus nodig. Gelukkig pik hy nie maklik nie.
Verspreiding:

Kaart geleen van: http://snakebiteassist.co.za/
1.12 SEBRASLANG

Foto: Markus Oulehla
Wetenskaplike naam: Naja nigricollis nigricincta

Kenmerke:
'n Unieke swart en wit gebande slang. Jag saans. Sku en versigtig maar trek 'n klein bakkop wanneer vasgekeer en kan dan pik of spoeg.
. Lengte 1.0m - 1.2m (1.5m maks.)
Kleur – Ligte bruin of ligte vuil pink lyf met swart ringe. Ligte en donker ringe is ewe wyd vandaar die naam sebraslang. Donker bruin kop. Die nek het 'n bree swart band om.

Habitat:
Woestyn en half dorre gebiede.

Gif:
Sterk sitotoksies. Veroorsaak erge pyn, swelsel en nekrose. Polivalente teengif moet in ernstige gevalle gebruik word. Hospitalisasie en mediese behandeling is dus noodsaaklik.
Verspreiding:

Kaart geleen van: http://snakebiteassist.co.za/
1.13 SWARTSPOEGKOBRA

Foto deur: Wuster
Wetenskaplike naam: Naja nigricollis woodi

Kenmerke:
Sku en sal vinnig vlug maar is senuweeagtig, trek gou bakkop en spoeg as hy vasgekeer word. Jag hoofsaaklik bedags.
. Lengte 1.2m – 1.5m (1.8m maks.)
Kleur – Die hele kop en lyf is blink swart.

Habitat:
Klipperige terrein in dorre gebiede. Kom dikwels voor in droë rivierbeddings.

Gif:
Sterk sitotoksies. Veroorsaak erge pyn, swelsel en nekrose. Polivalente teengif moet in ernstige gevalle gebruik word. Hospitalisasie en mediese behandeling is dus noodsaaklik.
Verspreiding:

Kaart geleen by: http://snakebiteassist.co.za/
1.14 SWARTKEELSPOEGKOBRA

Foto deur: http://www.capesnakeconservation.com/
Wetenskaplike naam: Naja nigricollis nigricollis

Kenmerke:
Kom grotendeels op die grond voor maar is ook tuis in bome. Jag snags maar soms ook bedags. Kan verder as 3m spoeg. Spoeg wanneer hy bakkop staan of soms selfs uit 'n stomp of klipskeur.
. Lengte 1.0m - 1.5m (2.0m maks. Namibia)
Kleur – Kop en lyf swart met 'n ligbruin tot pienk area net onder die swart nek.

Habitat:
Kom slegs in die noorde van Namibia voor en verder noord in die sentrale deel van Afrika. Hou van vogtige en droë savanne.

Gif:
Hoofsaaklik sitotoksies. Veroorsaak erge pyn, swelsel en nekrose. Ander simptome soos sweet, oormaat speeksel,hangooglede en swaar asemhaling kan ook voorkom. Spoeg in die oë kan tot brandende oë en tydelike blindheid lei. Mediese behandeling is noodsaaklik.
Verspreiding:

Kaart geleen by: http://en.wikipedia.org/wiki
1.15 GABONADDER

Foto deur: Thomas Eimermacher (EchiTAbPlus-ICP)
Wetenskaplike naam: Bitis gabonica

Kenmerke:
Groot driehoekige plat kop. Twee klein horingtjies op die neus. Lyf kort en bonkig. 'n Pragtige gekamoflerings patron oor die hele lyf. Jag snags maar lê graag bedags en bak in die son. 'n Humerige slang.
Lengte 0.9m – 1.2m (1.6m maks)
Kleur – Kop lig sandkleur, maar die lyf is 'n josefskleed van skakerings van donker en ligbruin, dofgeel, pers en vuil pienk.

Habitat:
Kom baie selde in Suider Afrika voor. Kan in reënwoude en naby geleë dig bebosde dele gevind word. Is al in KwaZulu-Natal gevind.

Gif:
Sterk sitotoksies en ook hemotoksies. Groot hoeveelhede gif word toegedien met 'n byt wat erge pyn, swelling, blaasvorming en bloeding gepaard gaan. Sonder mediese hulp is sy byt noodlottig vanweë orgaan versaking.
Verspreiding:

Kaart geleen van: http://snakebiteassist.co.za/


SIMPTOME AS GEVOLG VAN DIE PIK VAN 'N SLANG MET NEUROTOKSIESE GIF (Swart mamba, groen mamba, bosveldkobra, Kaapse kobra of koperkapel, Mosambiekse spoegkobra*, rinkhals )

Die volgende simptome ontwikkel na 'n slang byt:

  1. Lokale simptome
    • Ligte tot middelmatige pyn by die bytplek.

  2. Sistemiese simptome
    • Pasient ondervind 'n prikkelende sensasie in die hande en vingers of voete en tone
    • Hangende ooglede.
    • Sweet
    • Oormaat speekselafskeiding
    • Gebrek aan spierbeheer
    • Naarheid
    • Benoudheid
    • Pasient raak deurmekaar
    • Verlamming tree in
    • Stuiptrekkings
    • Faling van die asemhalig stelsel
    • Verval in 'n koma waarna die dood intree. (6-8 uur na die byt)

SIMPTOME AS GEVOLG VAN DIE PIK VAN 'N SLANG MET HEMOTOKSIESE GIF (Boomslang, voël of takslang)

Die volgende simptome ontwikkel na 'n slang byt:

  1. Lokale simptome
    • 'n Prik gevoel en ligte pyn by die bytplek.

  2. Sistemiese simptome
    (Simptome mag eers na 6-7 uur na die slang byt begin manifesteer. Dit laat die gevoel by die pasient dat die byt nie ernstig was nie.)
    • Hoofpyn
    • Naarheid
    • 'n Gevoel van slaperigheid kan oor die pasient kom.
    • Bloeding uit die slymvliese kom voor
    • Ernstige inwendige bloeding
    • Die slange se gif werk gelukkig stadig dit kan tot tussen 24 en 48 uur wees voordat laasgenoemde twee ernstige simptome na vore kom.
    • Sterftes onder kinders het wel al binne 12 uur plaasgevind.
    • Sterfte onder volwassenes kan enige iets van 1 tot 5 dae neem sonder mediese behandeling.
    • Verlamming tree in
    • Stuiptrekkings
    • Faling van die asemhalig stelsel
    • Verval in 'n koma waarna die dood intree. (6-8 uur na die byt)

SIMPTOME AS GEVOLG VAN DIE PIK VAN 'N SLANG MET SITOTOKSIES GIF (Pofadder, Mozambiekse spoegkobra)

Die volgende simptome ontwikkel na 'n slang byt:

  1. Lokale simptome
    • Erge brandpyn by die bytplek .
    • Erge kneusing by die wond.
    • Pasient mag effens bloei uit wond wat later oorgaan in 'n waterige uitloopsel.
    • Swelling van die area om die wond vind plaas.
    • Nekrose van die vel kom voor (blaasvorming).

  2. Sistemiese simptome
    • Skok tree in.
    • Naarheid
    • Vomering
    • Uitermatige swelling van die gebyte ledemaat en selfs 'n deel van lyf (romp)
    • Pynlike swelling van die limfkliere kom voor.
    • Inwendige bloeding laat soms die ledemaat rooi vertoon.
    • Ernstige nekrose kan voorkom sonder dringende mediese behandeling .
    • Daar is ook die gevaar dat nekrose op ander dele van die ledemaat mag voorkom vanweë kompartimentsindroom, dit wil sê waar erge swelling bloedvloei na dele van die ledemaat verhinder.
    • Hipertensie.
    • 'n Gevoel van swakheid tree in.
    • Duiseligheid kom voor.
    • Pasient mag sy bewussyn verloor.
    • Sonder mediese behandeling tree gangrene in.
    • Die dood tree selde binne 24 uur in.
    • Sterftes word veroorsaak deur komplikasies wat lei tot orgaanversaking.


BEHANDELING

Wat moet jy doen as jy gepik word ?


GAAN SO GOU MOONTLIK NA DIE NAASTE HOSPITAAL VIR DIE NODIGE MEDIESE BEHANDELING OF DIE SLANG GIFTIG IS OF NIE

Wat moet jy NIE moet doen nie

Wat moet jy doen as jy gif in jou oë kry

Wat gebeur in die hospitaal


HOE OM SLANGBYT TE VOORKOM

  1. Die belangrikste om te onthou is dat 'n slang sal eerder weg vlug of weg seil na 'n veilige plek as om jou aan te val. 'n Slang sal net aanval as hy geen ontsnaproete het nie. Stap dus versigtig weg wanneer jy 'n slang in die veld tee kom.
  2. Verder onthou enige skielike beweging maak 'n slang senuweeagtig en plaas hul dadelik op hul hoede, gereed om hul self te verdedig dit wil sê hul tel die kop op in 'n pik posisie of maak gereed om te spoeg indien dit een van die spoeg slange is, beweeg dus stadig weg. Dit mag ook wees dat jy die enigste veilige vlugroete van die slang kan versper, so beweeg dus versigtig terug en effens sywaards sodat die slang kan verby kom indien nodig.
  3. Die meeste gevalle van slangbyt kom voor onder mense wat slange probeer hanteer of vang, bly dus eerder weg van slange, laat hul met rus en behandel hul met die nodige ontsag. (Jy gaan mos nie 'n leeu wat slaap met klippe gooi of sy stert trek as jy te voet is nie.) Moet dus nie probeer om slange te vang met die gedagte om hul op 'n ander plek vry te laat nie. Laat 'n kundige persoon die takie namens jou verrig.
  4. Pas veral op vir slange wat lyk of hul dood is. Baie slange speel dood wanneer hul bedreig voel en pik dan blits vinnig as die geleentheid hom voordoen.
  5. Pasop vir klein of jong slangetjies, hul gif is net so giftig soos 'n groot slang se gif. Die enigste redding mag dalk wees dat hul minder gif kan inspuit as 'n grote. Onthou dat 'n volwasse swart mamba tienkeer meer gif per byt kan inspuit as wat nodig is om jou dood te maak. 'n Jong slangetjie hoef dus net 'n tiende van sy pa of ma se gif in te spuit om jou nog steeds 'n noodlottige byt toe te dien.
  6. Wanneer jy bedags of selfs snags in die veld gaan stap dra stewels en nie sandale nie. Trek ook 'n stewige dik lang broek wat effens los sit om die bene en tot oor jou stewels strek, aan. Iets soos 'n chino of 'n jean wat sal voorkom dat die slang se tande maklik deur die broek dring en jou been pennetreer. Die heel beste roep is om vir jou 'n paar slangkouse of kamaste (“snake gaiters”) aan te skaf as jy werklik gereeld in die veld rond beweeg.


    SLANGKOUSE of KAMASTE


    Ek bedoel nie hierdie tipe nie !!!

    Hier is die ware jakob. Beide werk baie goed maar die paar in die middelste foto is verseker die veiligste.

  7. Moenie saans in die donker, in die kamp of in die veld, kaalvoet of sonder 'n flits rond beweeg nie. Die meeste slange raak aktief en jag in die nag en kan jy dus maklik per ongeluk op een trap of binne pik afstand kom.
  8. Sekere slange soos die swart mamba en die Kaapse kobra kan tot 'n derde of meer van hul lengte regop staan wanneer hul bedreig voel dit wil sê 1 tot 1.2m hoog. Wanneer hul jou dus pik kan dit op borshoogte wees wat baie meer ernstig is as 'n pik aan die hand of been. Hou dus jou afstand en beweeg dadelik versigtig weg. Hou 'n afstand van minstens 3-5 m van hierdie slange af en beweeg dan versigtig weg.
  9. Dieselfde reël geld vir slange wat spoeg. Slange soos die Mosambiekse spoeg kobra kan so ver as 3m spoeg. Indien jy nader is, is die kanse dat sy gif in jou oë sal wees baie goed.
  10. Wanneer jy in die veld stap trap eerder op klippe en stompe eerder as om oor hulle te trap want jy mag dalk slang se kind wat onder die klip in die son lê en slaap verras en sy eerste reaksie sal wees om te pik.
  11. Vir die bergklimmers, wees versigtig waar jy vat maak seker want jy kan dalk deur een van die kleiner slange soos die berg adder wat agter 'n rots lê of in 'n klipskeur skuil, verras word as jy jou hand daarna uitreik.

TEN SLOTTE

Eerstens, moet asseblief nie slange net links en regs dood maak nie, hul speel 'n baie belangrike rol in die natuur om knaagdiere en ander plae in toom te hou.

Tweedens , die volgende APP “Snakebite FIRST AID Soutern Africa)”is 'n moet vir enige persoon wat baie in die natuur rond beweeg, soos stappers, bergklimmers, jagters, kampeerders en 4x4 reisigers. Teen R59.99 is dit een van die beste beleggings wat jy kan maak. Met al die inligting hierbo, opgesom deur kenners, beskikbaar op jou iphone, android selfoon, ipad of android tablet en dan ook enige tyd beskikbaar aangesien die APP op jou toestel self gelaai word. Die APP is hier te kry http://www.snakebitefirstaidapp.com/   MOET NIE WAG NIE!





VERWYSINGS GEBRUIK EN VERDERE LEESSTOF

  1. Slangboeke vir identifikasie en meer inligting:

    Slange en Slangbyt in Suider Afrika,
    2de uitgawe, 120 bladsye, A5 grote
    Skrywer: Johan Marias,
    Uitgewers: Random House Struik,
    ISBN Nr. 978 1 77584 024-4
    (die engelse uitgawe : Snakes and Snakebite in Southern Africa, ISBN No. 978 1 77584 023 7)

    NB!!! Hierdie is 'n boek wat elke reisiger of kampeerder deur Suider Afrika in sy voertuig of boswoonwa behoort te hê


    Eerste Veldgids tot Slange & Ander Reptiele van Suider Afrika,
    1 st Uitgawe, 57 bladsye, grote: 110mm x 165mm
    Skrywer: Tracey Hawthorne
    Uitgewers: Random House Struik,
    ISBN Nr. 978 1 86872 188-7
    (die engelse uitgawe : First Field Guide to Snakes & Other Reptile of Southern Africa, ISBN No. 978 1 86872 123 8)


    Watter Slang is dit? 'n Beginner se gids tot die Slange van Suider Afrika,
    1 ste uitgawe, 95 bladsye, grote: 167mm x 246mm
    Skrywer: Johan Marias,
    Uitgewers: Random House Struik,
    ISBN Nr. 978 1 77007 732 4
    (die engelse uitgawe : What’s that Snake A Biginner’s gide to Snakes in Southern Africa, ISBN No. 978 1 77007 373 9)



  2. Web verwysings en verdere leesstof oor Slangbyt:

    http://www.zoosafrica.com/aka/images/stories/dangerous_snakes/Snake_bite_Go_Magazine.pdf
    Vir 'n PDF kopie van bogenoemde verwysing kliek hier  

    http://www.cmej.org.za/index.php/cmej/article/view/2546/2581
    Vir 'n PDF kopie van bogenoemde verwysing kliek hier  

    http://www.safpj.co.za/index.php/safpj/article/view/310/310
    Vir 'n PDF kopie van bogenoemde verwysing kliek hier  

    http://www.africansnakebiteinstitute.com/

    http://snakebiteassist.co.za/

    http://www.capesnakeconservation.com/SnakesCSC.pdf
    Vir 'n PDF kopie van bogenoemde verwysing kliek hier  

    http://www.africansnakebiteinstitute.com/Posters/20140726_ASI_DSnakes_LIM-A3-Poster_AFR_DESKTOP.pdf
    Vir 'n PDF kopie van bogenoemde verwysing kliek hier  

    http://en.wikipedia.org/wiki/Epidemiology_of_snakebites


  3. Web verwysings en verdere leesstof oor ons Giftige Slang self:

    http://www.biodiversityexplorer.org/reptiles/squamata/serpentes/

    http://goafrica.about.com/od/africasafariguide/tp/Africansnakes.htm

    http://en.wikipedia.org/wiki/Black_mamba

    http://en.wikipedia.org/wiki/Eastern_green_mamba

    http://en.wikipedia.org/wiki/Boomslang

    http://en.wikipedia.org/wiki/Twig_snake

    http://en.wikipedia.org/wiki/Bitis_arietans

    http://en.wikipedia.org/wiki/Rinkhals

    http://en.wikipedia.org/wiki/Cape_cobra

    http://en.wikipedia.org/wiki/Mozambique_spitting_cobra

    http://en.wikipedia.org/wiki/Forest_cobra

    http://en.wikipedia.org/wiki/Snouted_cobra

    http://en.wikipedia.org/wiki/Black-necked_spitting_cobra

    http://en.wikipedia.org/wiki/Bitis_gabonica


Ek het hierdie skrywe saamgestel, uit die werk wat baie ander mense reeds gedoen en gepubliseer het oor slange en slangbyt, as 'n opsomming van die inligting wat ek graag byderhand sou wou hê in 'n kisies tyd eerstens vir myself maar ook vir ander wat dit kan gebruik. Hierdie is dus net 'n redigeerig van ander se harde werk wat ek respekteer en met ontsag gebruik het.

Met groot dank aan soveel wat bygedra het t.o.v hul kennis, fotos, diagramme en kaarte in boeke en op die web.
Laaste Bywerking: 2015/02/21

Flag Counter