NUWE IMMIGRASIE REGULASIES VIR MINDERJARIGE KINDERS WAT BUITE DIE LANDS GRENSE WIL REIS

HIERDIE REGULASIES HET OP 1 JUNIE 2015 AMPTELIK IN WERKING GETREE.

Bennie, Elani en klein Anli Buys tydens hul eerste besoek aan Namibia saam met ons.

Sonder dat die meeste van ons daarvan bewus was, het die Immigrasie Wet van 2002 sekere drastiese veranderinge ondergaan wat nogal 'n ernstige ingrype op 4x4 ry oor ons grense asook besoeke aan die buiteland vir gesinne met minderjarige kinders inhou, plaasgevind. Met die nuwe Regulasies tot die Immigrasie Wet wat goedgekeur is deur die parliament en op 26 Mei 2014 van krag geword het, mag kinders onder die ouderdom van 18 jaar nie meer die land verlaat of inkom sonder die teenwoordigheid of skriftelike toestemming van beide ouers soos op die minderjarige se geboorte sertifikaat aangetoon nie.

Die nuwe regulasies vereis dat 'n minderjarige nou by paspoort beheer nie net 'n geldige paspoort moet aanbied nie maar ook 'n amptelike geboorte sertifikaat deur die Departement van Binnelandse sake uitgereik waarop die name van beide die biologiese ouers aangebring is. Hierdie reëling geld vir minderjariges wat Suid Afrika wil verlaat, moet oorstaan tussen vlugte of die land wil binnekom. Hierdie nuwe reeling sal ook geld vir burgers van enige ander land wat Suid Afrika met hul minderjarige kinders wil besoek.

Aanvanklik sou hierdie reëling vanaf 1 Julie 2014 by alle grensposte in werking getree het, maar omdat daar soveel ouers was wat reeds reëlings getref het vir die skoolvakansie en hul kinders saam wou neem na die buiteland, en die Departement van Binnelandse Sake nog nie gereed was vir die uitreiking van die vereiste geboorte sertifikate nie, het die Departement die datum van implimentering uit geskuif na 1 Oktober 2014. Neem dus kennis asseblief.

“Van 1 Oktober 2014, sal die vereiste van 'n offisiele geboorte sertifikaat (“ unabridged birth certificate”) vir alle kinders wat saam met hul ouers wil reis, in werking tree vir die veiligheid van alle kinders, om hul sodoende te beskerm teen kinder handel, skaking en ontvoering” het die Departement in 'n verklaring gesê. (KLIEK HIER vir 'n uittreksel uit die Staatskoerant van 22 Mei 2014 oor die veranderinge aan die Immigrasie Wet en Regulasies in PDF formaat.)

'n Kort opsomming van die nuwe Regulasies :

Regulasie 6(10)Enige kind wie in alternatiewe sorg geplaas is soos gedefinieer deur die Kinder Wet (Wet No. 38 van 2005) sal voor sy of haar vertrek vanaf Suid Afrika, 'n gesertifiseerde kopie van 'n toestemmings brief van die Provinsiale Hoof van die Departement van Gemeenskaps Ontwikkeling in die gebied waar die kind woonagtig is soos bepaal deur Seksie 169 van die Kinder Wet, moet voorlê.

Regulasie 6(12)(a)Wanneer beide ouers saam met 'n kind reis moet hulle 'n offisiele geboorte sertifikaat (“ unabridged birth certificate”) met beide die ouers se besonderhede daarop aangetoon, voorlê.

Regulasie 6(12)(b)In die geval waar slegs een ouer saam met die kind reis moet die ouer die volgende voorlê :

  1. 'n Offisiele geboorte sertifikaat (“ unabridged birth certificate”) met beide die ouers se besonderhede daarop aangetoon.
  2. Toestemming in die vorm van 'n beedigde verklaring van die ander ouer wat op die geboorte sertifikaat van die kind geregistreer is waarin die ouer wat nie teenwoordig is nie die ander ouer toestemming verleen om die kind uit Suid Afrika te neem of in die land in te bring.
  3. 'n Hofbevel waarin die die ouer wat saam met die kind reis, volle ouerskap (verantwoordelikheid en regte) bekom het of geregtelike voogdyskap oor die kind verkry het.
  4. Waar van toepassing, die doodsertifikaat van die ander ouer wat op die geboortesertifikaat geregistreer is.

Wanneer beide die ouers van die kind oorlede is en die kind saam met 'n familielid of 'n ander persoon wat aan die kind of sy of haar ouers verwant is, mag die Direkteur –Generaal skriftelik toestemming gee dat die persoon goedgekeur is om met die kind Suid Afrika mag verlaat of binne kom.

Regulasie 6(12)(c)Wanneer 'n persoon saam met 'n kind reis waarvan die persoon nie die biologiese ouer van die kind is nie moet hy of sy die volgende voorlê:

  1. 'n Offisiele geboorte sertifikaat (“ unabridged birth certificate”) met beide die ouers se besonderhede daarop aangetoon.
  2. 'n Beedigde verklaring van die ouers of voog van die kind waarin beide ouers toestemming verleen dat die persoon met die kind mag reis.
  3. 'n Gewaarmerkte kopie van beide die biologiese ouers of die voog se identiteits dokumente of paspoorte
  4. Die kontak inligting en adres van beide die ouers of die voog van die kind.

Wanneer beide die ouers van die kind oorlede is en die kind saam met 'n familielid of 'n ander persoon wat aan die kind of sy of haar ouers verwant is, mag die Direkteur –Generaal skriftelik toestemming gee dat die persoon goedgekeur is om met die kind Suid-Afrika mag verlaat of binne kom.

Regulasie 6(12)(d) – In die geval waar 'n minderjarige sonder begeleiding reis sal die minderjarige die volgende aan die Immigrasie Beampte moet voorlê”

  1. 'n Offisiele geboorte sertifikaat (“ unabridged birth certificate”) met beide die ouers se besonderhede daarop aangetoon.
  2. Bewys van toestemming verleen van beide ouers of sy of haar voog, wat ook al die geval mag wees, in die vorm van 'n brief of beedigde verklaring waarin toestemming verleen word vir die kind om Suid Afrika binne te kom of te verlaat.
  3. Indien slegs een ouer verlof verleen, 'n kopie van die hofbevel wat die ouer wat toestemming verleen, volle ouerskap (verantwoordelikheid en regte) bekom het of geregtelike voogdyskap oor die kind verkry het.
  4. 'n Brief van die persoon wat die minderjarige gaan ontvang in Suid Afrika. Hierdie brief moet die verblyf adres en kontak inligting van die persoon asook die plek waar die minderjare sal tuis gaan bevat.
  5. 'n Kopie van die identiteits dokument of geldige paspoort en visa of permanente verblyfspermit van die person wat die minderjarige kind in Suid Afrika gaan ontvang.
  6. Die kontak besonderhede van die ouers of wettige voog van die kind.
  7. Die Suid Afrikaanse Lugdiens het ook reeds 'n Reis Waarskuwing uitgereik op 26 Mei 2014 wat voornemende ouers wat beoog om met hul kinders na die buiteland wil reis op die nuwe Regulasies te wys. (KLIEK HIER vir 'n kopie in PDF format.)

    Laaste Bywerking: 2014/08/11

Flag Counter