WAAR KAN EK ORALS VOëLS FOTOGRAFEER IN SUIDER-AFRIKA

Ek vind die volgende verwysings baie handig as ek ons reise beplan, kort of selfs langer reise en ek wil graag spesiale voëlskuilings langs ons roete besoek. By baie van hierdie skuilings kan 'n mens ongelooflike fotos neem. Ek dink veral aan die spesiale skuiling hoog in die Drakensberg by “Gaints Castle” waar jy baardaasvoëls kan afneem op oog hoogte. Ongelooflike ondervinding om so naby hierdie pragtige voëls te kom.

Die voëlskerm by Gaints Castle kan slegs drie fotograwe maksumim akkommodeer op een slag.
'n Jong baardaasvoël by Gaints Castle se voëlskerm

'n Tweede baie bekende voëlskerm is die een naby Skukuza in die Krugerwildtuin, “Lake Panic”. Hier het natuurlewe fotograwe al besondere foto’s geneem.
(GPS coordinate: S24 58.857 E31 33.925)

Foto van die binnekant van die voëlskerm is geneem deur Phil Perry
Seekoeie en watervoëls uit Lake Panic se voëlskerm te sien

Van die beste inligting oor bekende, en nie so bekende, voëlskerms in Suider Afrika kan by die volgende twee webadresse gevind word:

http://www.birdingroutes.co.za/
http://www.pperrywildlifephotos.org.sz/Hide%20Database.html

Eersgenoemde vorm deel van “Birdlife South Africa” se webblad, terwyl laasgenoemde webblad behoort aan Philip Perry van Swaziland en dek nie net voël fotografie nie maar ook ander wildlewe foto geleenthede orals oor in Afrika.

Ek kan ook die volgende boeke aan bevel:

Die eerste boek wat ek graag gebruik as Gautenger, is “ The Chamberlain Guide to Birding Gauteng, 101 prime birding sites in and around Johannesburg & Pretoria”

'n Boek wat die hele Suider Afrika en selfs Madagaskar dek is en wat ek sterk kan aanbeveel, is Sasol se “Southern Africa Birdfinder, Where to find 1400 bird species in Southern Africa and Madagascar”

'n Derde verwysing, is ”Where to Watch Birds in Southern Africa”. Ek is nie seker of hierdie boek nog in druk is nie. Ek het my kopie by 'n tweedehanse boekwinkel raakgeloop. Probeer ook by jou naaste “Hospice” boekwinkel vir tweedehandes weergawes teen ’n bekostigbare prys (dis nou vir die wat in of naby stede hier in Suid Afrika woon).

Ek is nou nie 'n voëlkenner nie maar geniet dit geweldig om fotos van voëls te neem en selfs net te sit om hul dop te hou. Ek maak dus nie jaarliks 'n lys van wat ek gesien het nie maar probeer eerder om by elke geleentheid die beste foto van my onderwerp te neem wat prakties moontlik is gegewe die omstandighede op daardie tydstip. Die probleem is natuurlik dat 'n mens uit nuuskierigheid na 'n foto sessie of selfs terwyl jy nog besig is om die fotos te neem graag wil weet watter voël jou fotografiese model was of is. Ek kan jou ook waarborg dat as jy jou fotos vir 'n vriend wys, jy dadelik met die volgende vrae gekonfronteer gaan word naamlik, watter voël is dit en waar het jy die foto geneem. Ek gebruik graag die volgende verwysings:

Ek dra gewoonlik die volgende twee sakgidse saam met my as ek voëls gaan afneem aangesien dit klein en kompak is en maklik in enige kamera tas pas.


U sal oplet dat een 'n Afrikaanse weergawe is en die ander 'n Engels weergawe, dit is om my die verleentheid te spaar as 'n engels sprekende vriend my sou vra wat is die voël ter sprake se naam en ek hom darem in sy eie taal kan antwoord. Beide boekies is in Afrikaans en Engels beskikbaar. Die rede waarom ek laasgenoemde in Engels aangekoop het is omdat hy ook die Afrikaanse naam vir die voël in die Engelse teks noem dit maak kruisverwysing heelwat makliker.

Let asseblief daarop dat hierdie boeke dalk glad nie die voëlkykers se eerste verwysing sal wees nie, maar dat hulle eerder iets soos, “Roberts Birds of Southern Africa VII” of sy kleiner boetie “Roberts Bird Guide” sou aanbeveel. Laasgenoemde is ook in Afrikaans beskikbaar naamlik Roberts Voëlgids. Daar is werklik talle boeke om van te kies en te keur, gaan besoek gerus 'n goeie boekwinkel en kyk dan watter een vir jou sal werk.

Laaste Bywerking: 2014/07/08

Flag Counter