ELEKTRIESE KABEL DIKTES EN HUL ONDERSKEIE KAPASITEITE

Wanneer ek enige adisionele elektriese bedrading op my voertuie wil doen, kom ek elke keer voor dieselfde twee vrae te staan, naamlik watter tipe kabel sou die mees geskikste wees vir my spesifieke applikasie en hoe dik moet die koper kern of draad wees vir die stroom wat ek graag daar deur sou wou stuur.

Ek het met behulp van die internet die volgende informasie vir myself bymekaar gemaak, en ek hoop dat dit ook ander sal kan help. Die bronne wat ek gebruik het om die tabelle saam te stel, is onder aan elke tablel te vinde indien jy graag meer te wete wil kom. Let asseblief daarop dat sommige van die kabels se maksimum spannings gradering slegs 100V is en ander weer by 300V, 500V of 600V lê. Eersgenoemde is slegs geskik vir 12 en 24 volt applikasies terwyl die ander almal vir 12V tot 220V gebruik kan word.

Die standaard verwysing na elektriese kabel is gebaseer op die deursnee oppervlak (in mm2) van elkeen van die onderskeie koperkerne of drade wat in die kabel voorkom. 'n Koperkern kan bestaan uit heelwat dun draadjies wat saam die totale kern deursnee vorm byvoorbeeld, die kern van 'n 1.5 mm2 “RIPCORD” kabel se koperkern se deursnee area is 1.38 mm2 en bestaan uit 44 x 0.2mm deursnee draadjies.

Dit is werklik baie belangrik om die korrekte dikte elektiese bedrading te gebruik om sodoende moontlike brande wat sou kon ontstaan vanweë die drade wat te warm word wanneer die stoom te hoog is vir die draad te dikte, dit wil sê as die isolasie materiaal om die koper kern begin smelt en 'n kortsluitings volg daarna.

Maak dus seker dat jy weet wat die maksimum stroom is wat jy gaan trek en kyk dan op onderstaande tabelle hoe dik die draad moet wees wat jy benodig.

Die inligting in die tabelle kan ook gebruik word om te bepaal hoe groot die spanningsval oor 'n sekere lengte draad sal wees om sodoende seker te maak dat jy die korrekte spanning kry daar waar jy dit graag wil aanwend. Dit mag dalk wees dat jy 'n dikker draad met 'n laer weerstand sal moet gebruik om dit te kan verseker.

Ek het my opsomming tot 5 tipes kabel beperk.

Jammer ook vir die Engelse benamings maar dit is hoe hierdie tipe kabels in die industrie bekend staan.


  1. “RIPCORD CABLE”

    Hierdie is 'n plat kabel met twee geisoleerde koper kerne wat aan mekaar vas is. Hierdie tipe kabel word normaalweg gebruik om krag te verskaf aan LED ligte in jou bakkie se kappie, kolligte (“spots”) voor aan jou voertuig, tweerigtingradios, motorradios, luidsprekers (vir die gewone man, maar natuurlik nie goed genoeg vir die konneseur nie), yskaste, sonpanele ensovoorts.



    http://www.voltmax-cables.co.za/ripcord_cable.htm

    http://www.aberdare.co.za/audio-cord-cable-ripcord



  2. “PVI PANEL FLEX CABLE (SINGLE CORE)”

    Hierdie is 'n redelike dik kabel met slegs een kern (lyk amper soos jou sweismasjien se kabels net effens dunner) en word normaalweg gebruik waar elektriese items heelwat krag benodig, gewoonlik 12V maar teen 'n redelike hoë stroom (30 Ampere en selfs hoër), soos vir wenaste, krag omskakelaars (“inverters”) wat die 12V gelykstroom van jou voertuig se battery omskakel na 220V wisselstroom, of in gevalle waar die drade oor relatief lang afstande loop en waar die verlies aan spanning oor die lengte van die draad belangrik begin word soos wanneer jy die stroom wil vervoer van die CTEK battery laaier, voor in jou motor, na die tweede battery agter in jou bakkie se laairuim. Dit is belangrik om die maksimum spanning oor die battery se pole te kry aangesien die nuwe generasie battery, byvoorbeeld die loodkristal tipe, tot 14.2 Volt mag benodig om tot by 100% vol te kan laai. Met 'n altenator wat tussen 14.2 en 14.6 Volt verskaf, wil jy dus nie graag te veel spanning as gevolg van die interne weerstand van die draad, oor die lengte van die draad verloor wanneer jy jou tweede battery in die ry wil laai nie.



    http://www.voltmax-cables.co.za/pvi_panel_flex_cables.htm

    http://www.aberdare.co.za/panel-flex-cables



  3. “SILICONE CABLE (SINGLE CORE)”

    Word verkieslik gebruik in plekke waar dit baie warm kan word soos jou motor se enjin kompartement naby aan die enjin self of jou voertuig se uitlaatpyp. Heelwat duurder as bogenoemde draad, maar die moeite werd as jy dit benodig. Daar is niks so hartseer as om 'n 4x4 te sien uitbrand langs die pad nie.



    http://www.voltmax-cables.co.za/silicone_cable.htm



  4. “AUTOMOTIVE (SEVEN CORE)”

    Hierdie kabel bestaan uit sewe enkel drade, elk individueel geisoleer en daarna saam as 'n groep weereens geisoleer. Hierdie kabel word slegs gebruik om jou sleepwa van krag te voorsien om die agterste ligte, die nommerplaat lig en flikkerligte aan te dryf. Hierdie kabel is SABS goedgekeur en moet saam met die regte 7 punt konneksie stukke gebruik word.

    Sommige mense gebruik ook een van die sewe drade om die addisionele battery in hul 4x4 kampsleepwa ook te laai terwyl hul ry, in hierdie geval sou ek eerder die 2.5 mm2, 7 kern, CABTYRE kabel gebruik het, maar selfs dit sou nie my eerste keuse gewees het nie. Ek sou vir veiligheid eerder 'n nog dikker, sê 4mm2, losstaande RIPCORD kabel gebruik het met 'n Brad Harrison koppelstuk. Die oorweging hier is nie net die 32 Ampere wat die kabel kan hanteer nie maar ook omdat dit fisies sterker as die ander kabels in die RIPCORD groep is.



    http://www.voltmax-cables.co.za/automative_cables.htm



  5. “CABTYRE CABLE”

    Hierdie is die tipe elektriese draad wat algemeen vir verlengstukke (“leads”) in jou huis gebruik word. Ek self gebruik dit nie graag in my voertuig nie, maar ek gebruik dit wel vir die 220 Volt verlengstuk wat ek saamry en gebruik tussen 'n standaard woonwa staanplek se kragpunt en my voertuig of indien ons sou tent en dus nie met die kampeerder ry nie. Ek het twee lengtes verlengstukke wat ek altyd saam ry naamlik 'n 10m en 'n 25m lengte, 3 kern, 1.5 mm2, 16 Ampere verlengstukke. Ek verkies ook die normale diens tipe bo die ligte diens tipe. Eers genoemde se isolasie is effens dikker wat so bietjie meer beskerming gee teen knaagdiere wat saans dalk aan jou kragdrade wil knaag.



    http://www.voltmax-cables.co.za/cabtyrecable.htm



    http://www.voltmax-cables.co.za/cabtyrecable.htm

Laaste Bywerking: 2015/03/11

Flag Counter