WIE IS ONS

Twee Suid Afrikaners vir wie die lewe net te vining verby geflits het sonder om die lewe ten volle te geniet. In 2006 na 'n tragiese ongeluk van my jong vennoot, Piet Erasmus, het ek en Hermien besef dat die lewe by ons verby gaan sonder dat ons werklik geleef het, en toe dadelik begin om te beplan om ons eerste avontuur ( 'n 4x4 toer ) buite ons land se grense te onderneem. Ons eerste bestemming was natuurlik Namibië met sy pragtige natuurskoon en wonderlike mense. Sedertdien het ons besoek afgelê in lande soos Angola, Botswana, Kenia, Lesotho, Malawi, Mosambiek, Namibië, Rwanda, Swaziland, Tanzania, Uganda, Zambië, Zimbabwe en natuurlik ons eie pragtige Suid-Afrika. Met hierdie webblad wil ons graag ons wedervaringe en lesse geleer oor die afgelope jare met ander wat ook sou belangstel om sulke reise te onderneem, te deel.

John en Hermien Aspinall

John Aspinall

'n Meganiese Ingenieur van beroep en tans besturende direkteur van 'n Raadgewende Ingenieurs Maatskappy wat betrokke is by ontwerp van meganiese toerusting en pyp stelsels wat hoofsaaklik in Petro-Chemiese aanlegte gebruik word. Die roete beplanning, skedules en koste ramings van ons reise is my verantwoordelikheid. Verder moet ek ook omsien na die welstand en voorbereiding van ons voertuie voor, tydens en na 'n reis. Stokperdjies: Lees, fotografie, 4x4 ombouings, hout en metaal werk en natuurlik reis.

Hermien Aspinall

Is tans die hoof boekhouer van ons maatskappye en speel 'n belangrike rol in al ons reise aangesien sy verantwoordelik is vir die proviand, klere en slaapgoed. Stokperdjies: Lees, kunsnaaldwerk en reis.

Ons Kinders

Met beide seuns, Edwin (31) en Emile (29) uit die huis en uit ons sak is dit maklik om die pad te kan vat. Ons het natuurlik op 12 Oktober 2012 'n pragtige en wonderlike skoondogter (Renee Andrew) ryker geword toe Edwin genoeg moed bymekaar geskraap het om die groot stap te neem.

Renee & Edwin
Emile

Die lande in Afrika wat ons reeds besoek het

'n Kaart van Afrika met al die lande wat ons al besoek het in geel.
(Klik om te vergroot)
Laaste Bywerking: 2014/11/04

Flag Counter