MY GEREEDSKAP EN SPAARONDERDELE WAT EK SAAMRY

  1. INLEIDING

    Die hoeveelheid gereedskap en onderdele wat jy saamry is sterk afhanklik van die tipe voertuig wat jy ry en die ouderdom van die voertuig. Byvoorbeeld daar is bitter min reisigers wat vir 'n voertuig wat minder as 50000km afgelê het, so iets soos 'n petrolpomp sal saamry. Die grootste probleem met spaaronderdele is dat dit addisionele gewig tot jou voertuig toevoeg en ook baie ruimte opneem. Jy moet dus die risiko opweeg dat iets kan gebeur langs die pad en hoe lewensgevaarlik sal dit wees. Jy sal ook meer spaaronderdele saamry as jy op jou eie ry en daar nie 'n tweede voertuig is wat jou na die beskawing kan neem om na die regte part te soek en dan weer terug te neem om jou voertuig te herstel. 'n Tweede voertuig kan jou ook insleep tot by die naaste herstel punt. Dus kan jy wegkom met net die nodigste onderdele wat sal keer dat daar nie te veel tyd verlore sal gaan as iets kleins sou gebeur soos 'n waaier band wat sou breek of as jy 'n lek in een van jou bande sou optel.

    Met ons besoek aan Angola vir 'n maand moes ek besluit wat om saam te neem, ek het toe 'n spreivel opgestel met die onderdele wat ek gedink het nodig sou wees en toe drie kolomme daar agter gesit wat my kon help om die risiko dat ek die part so nodig kry te help bepaal en toe slegs die parte geneem wat 'n hoë risiko vir my was.

    My Angola spreivel is hier te kry : ANGOLA PARTE.PDF

    My gereedskap, spaaronderdele en allerlei benodighede wat ek saam ry gee my gemoedsrus maar ek weet dit is te veel. Ek sou aanraai dat jy deur hierdie lyste werk en net wat vir jou nodig is saamry. Onthou ons maak voorsiening vir alleen ry hoog op in Afrika. As jy in 'n groep ry of nie te vêr weg van die beskawing is nie, pak so min as moontlik. Gebruik my lyste net as riglyn.

  2. DIE GEREEDSKAP WAT EK SAAM RY

    1. Ek het ses jare gelede vir my 'n baie oulike gereedskapstel gekoop van Mastercraft by Makro. Ja nie 'n duur stel soos 'n Gedore of 'n Stahlwille nie omdat hierdie stel slegs gebruik word wanneer ons ry en dus in die voertuig bly. So weet ek ook dat my 12mm moersleutel wel in die stel is wanneer ek hom benodig en nie op die werksbank by die huis lê nie. Ek maak dus ook nie daagliks van hierdie stel gebruik nie, daarom is sluitasie ook nie 'n probleem nie. Hierdie stel het die volgende inhoud:


      • Kombinasie moersleutels, oop met ring (6,7,8,9,10,11,12,13,14,15,17,19,22,24mm)
      • ½” dryf standaard sokke, “Sockets”, (10,11,12,13,14,16,17,19,22,24,26,27,30,32mm)
      • ½” dryf lang sokke, “Sockets”, (10,11,12,13,14,16,17,19mm)
      • ½”dryf, ratelhefarm, “Ratchet”
      • ½” dryf kragarm, “Powerbar”, van 400mm
      • ½” dryf verlengstuk van 130mm
      • ½” dryf kruiskoppeldryf, “Universal drive”
      • ½” dryf vonkpropsoksleutel van 16mm
      • ½” dryf vonkpropsoksleutel van 21mm
      • ¼” Dryf standaard sokke (5,6,7,8,9,10,11,12,13mm)
      • ¼”dryf ratelhefarm, “Ratchet”
      • ¼” dryf verlengstuk van 40mm
      • ¼” dryf reguit met skroewedraaier greep
      • “Allen key” stel (2.5,3,4,5,6,8,10mm)
      • 'n Volgrootte ystersaag
      • 'n matmes met ekstra lemme in hef
      • 'n hamer
      • 'n pons
      • 'n tangsleutel, “Vice grip”, met monteerklamp
      • 'n waterpomptang
      • 'n volgrootte draadtang
      • 'n skerpbektang groot
      • 'n skerpbektang klein
      • 'n sykniptang, “Side cutter”
      • Vier plat punt skroewedraaiers
      • Twee sterpunt skroewedraaiers
      • Twee plat punt miniatuur skroewedraaiers
      • Een sterpunt miniatuur skroewedraaiers
    2. Ander gereedskap wat ek saam ry
      • 300mm verstelbare moersleutel
      • 200mm verstelbare moersleutel
      • ½” Dryf standaard “Socket” (25mm)
      • 'n Ronde vyl (Ø 8 en Ø 12 mm)
      • 'n Plat vyl (klein en groot)
      • 'n Vierkantige vyl (8x8mm)
      • 'n Klein hand sagie met 'n fyn lem
      • Los ystersaaglemme (18, 24 en 32 tand per duim), twee van elk
      • 'n Hand klinknaeltrekker
      • Twee groot bandhefbome , “tyre levers”
      • 'n Krimptang vir elektriese draad terminale
      • 5m maatband
      • 150mm “Vernier” (Ek verkies die ou meganiese tipe, geen battery wat kan pap word nie, en ek bêre hom op 'n veilige plek waar hy nie kan beskadig nie.)
      • 'n Stel voelplaatjies, “Feeler gauges”
      • 'n Elastiese tregter (vat geen plek nie)
      • 'n Jerry kan tuit (Baie belangrik as jy ekstra brandstof in Jerry kanne saam ry. Myne ry ek maar altyd saam in my gereedskap en onderdele krat, dan kan ek hom nie per ongeluk vergeet nie.)
      • 'n Stel dik elektriese kabels ('n stel battery kabels met battery terminale op een kant en op die ander kant 'n 8mm gekrimpte oog waaraan ek 'n tweede stel los battery terminale vas gebout het. (Onthou net die positiewe en negatiewe pole het verskillende grotes.) Beide kabels is so 600mm lank. Ek gebruik hierdie kabels om twee batterye buite die voertuig sodanig te koppel dat ek 24V verkry en dus daarmee met 'n 2.5mm sweisstafies kan sweis vir 'n kort tydjie om nood herstel werk te kan doen in die veld. Ek gebruik my stel gewone 600 Amp battery oorbrug kabels vir die gronddraad (swart draad) en die ander een vir die sweisstafies klamp (rooi draad).
      • 'n Multimeter met 'n kontinuïteit gonser (Vervang die battery voor jy ry en onthou om hom af te sit wanneer jy hom bêre.)

      • 'n Tuisgemaakte borsel vir die grassade tussen die lugversorger verkoeler en die enjin se verkoeler. (Helfte vlieëplak (vir stewigheid) en helfte bababottel wasser. Die Silver soldeerlas het ek met isolasieband toegedraai om te verseker dat dit nie vas hak as ek die verkoeler skoon maak nie. Lengte 550mm.)

      • 'n Staal borsel om die braai rooster skoon te maak. (Kan ook help om grassade uit die verkoeler te borsel. Wees net versigtig om die verkoelerkern se plaatjies te beskadig nie.)
    3. 'n Volledige bande herstel stel met die nodige toebehore om vinnig langs die pad 'n band wat 'n lek ontwikkel het, te kan prop. Ek bêre die sakkie sommer agter my sitplek.

    4. 'Grondseiltjie waarop jy kan lê as jy in die modder of sand moet werk onder die voertuig. (2.0m x 1.2m)

  3. DIE SPAARONDERDELE WAT EK VIR DIE 2004 TOYOTA LC 4.2D KAMPEERDER SAAMRY
    1. Lugfilter (1x)
    2. Die hoof diesel filter (1x)
    3. Die sekondêre dieselfilter (1x) - Hierdie is 'n tweede inlyn filter beskikbaar vanaf Toyota wat kan dien as teenvoeter vir die vuil en gekontamineerde diesel wat jy soms in Afrika kan teëkom.
    4. Oliefilter (2x) - Want die 4.2D LC se olie moet elke 5000km vervang word.
    5. 'n Wasser vir die olieprop onder die oliebak van die voertuig (2x)
    6. Waaierband vir die lugversorger (1x)
    7. 'n stel van twee identiese waaier bande vir die enjin (1 stel)
    8. 'n Nuwe verkoeler prop
    9. 'n Brandstoftenk prop (tweedehands maar in goeie werkende toestand)
    10. 'n Stel nuwe wiel laers vir voor en agter.
    11. Wielstabboute (6x)
    12. Wielmoere (6x)
  4. OLIE EN GRIES
    1. Ek ry slegs vier blikkies 500ml motorolie saam vir 'n noodgeval.
    2. Remvloeistof, DOT 4, 500ml (1x)
    3. 'n Buisie wiellaer gries (2x)
    4. 'n Klein blikkie Q20
  5. GOMME, MOERE EN BOUTE, ENSOMEER

    Ek het ook deur die jare geleer om die volgende saam te ry en baie keer het ek dit nie nodig nie maar wel een van die ander voertuie in die groep. As jou vriend staan dan staan jy ook. Hoe gouer hy gehelp kan word hoe vinniger kan die groep weer ry. Dit verminder ook die spanning op so 'n reis. Dus die volgende:

    1. Pratley kleurlose gom, vinnige drogingstyd
    2. Pratley wit gom, vinnige drogingstyd
    3. Pratley Steel, vinnige drogingstyd
    4. Pratley (“Putty”) stopverf, standaard drogingstyd
    5. Tandestokkies
    6. 'n Buisie kontakgom
    7. 'n Buisie swart silicon
    8. 'n Rolletjie isolasieband, “Isolation tape” (Swart)
    9. 'n Rolletjie “Duct-Tape” (Swart)
    10. 'n Rolletjie waterpyp waterdigtingstape
    11. 'n Rolletjie “Stretch & Seal - self fusing Silicon recovery tape” (5m, swart)
    12. Twee paar kombuis rubber handskoene (Geel)
    13. Skuurpapier, 80, 120, 240, 400 Grit (1 velletjie elk)
    14. 'n Plastiese kassie met die volgende klinknael grotes
      SIEN AANGEHEGTE LYS_VAN_KLINKNAELS.pdf
    15. 'n Plastiese kassie met die volgende boute
      SIEN AANGEHEGTE LYS_VAN_MOERE EN_BOUTE.pdf
    16. 'n Plastiese kassie met die volgende moere
      SIEN AANGEHEGTE LYS_VAN_MOERE EN_BOUTE.pdf
    17. 'n Plastiese kassie met die volgende wassers:
      Ø 3.2mm wassers, standaard, dun (12x)
      Ø 4.0mm wassers, standaard, dun (12x)
      Ø 5.0mm wassers, standaard, dun (12x)
      Ø 6.0mm wassers, standaard, dun (12x)
      Ø 8.0mm wassers, standaard, dun (12x)
      Ø 10.0mm wassers, standaard, dun (12x)
      Ø 10.0mm wassers, groot, dik (8x)
      Ø 12.0mm wassers, standaard, dun (12x)
      Ø 12.0mm wassers, groot, dik (8x)
      Ø 16.0mm wassers, standaard, dun (8x)
      Ø 16.0mm wassers, groot, dik (8x)
      Ø 20.0mm wassers, standaard, dun (8x)
      Ø 6.0mm veerwassers (12x)
      Ø 8.0mm veerwassers (12x)
      Ø 10.0mm veerwassers (12x)
      Ø 12.0mm veerwassers (12x)
      Ø 16.0mm veerwassers (8x)
    18. 'n Plastiese kassie met die volgende elektriese parte:
      • 'n National Luna swaar stroom sekering, “fuse”, (100 Amp) vir die tweede battery stelsel.
      • 'n Stel standaard motor sekeringe (1,5,10,15,20,25,30,40 Amp)
      • 'n Stel mikro motor sekeringe (10,15,20,25 Amp)
      • Elektriese draad blokkie verbinders (klein, middelslag en groot)
    19. 'n Plastiese kassie met drie grotes krimp terminale vir elektriese draad.
    20. 4.0mm2 (Ø 2.3mm van koper kern) dubbele elektriese draad (rooi eenkant en swart aan die anderkant) (1.5m) - Maximum toelaatbare stroom 32 Amp.
    21. 1.5mm2 (Ø 1.4mm) dubbele elektriese draad (2m) - Maximum toelaatbare stroom 16 Amp.
    22. Kabelbinders, “Cable ties”, (100x3mm, 200x6mm, 300x6mm. 400x8mm) so 20 van elk.
    23. Ø 2.5mm Sweisstafies (12x)


  6. Aan die einde van elke reis gaan ek gou die voorrade deur en vul weer aan wat ons gebruik het. Ek ry hierdie krat met alles daarin 100 keer eerder saam as 'n vrag drank.

ANDER SPAARONDERDELE WAT DALK VIR OUER VOERTUIE OF VOERTUIE MET PETROL ENJIN OORWEEG MAG WORD

  1. 'n Waaierband vir die kragstuur
  2. 'n Volledige stel verkoelerpype
  3. 'n Rem hoofsilinder seël stel (“Brake master cylinder kit”)
  4. 'n Koppelaar hoofsilinder seël stel (“Clutch master cylinder kit”)
  5. 'n Kneg silinder seël stel (“Slave cylinder kit”)
  6. Spaar voor en agter skokbrekers
  7. Brandstofpomp
  8. Waterpomp
  9. Vonkproppe
  10. Vonkverdeler kop
  11. Vonkpropdrade
  12. Ratkas olie
  13. Teenvries en roeswerende verkoeler vloeistof
  14. Gedistilleerde water

Ek twyfel of hierdie lys volledig is maar dit sal help om die denkpatroon rondom spaaronderdele aan die gang te kry. Weereens elkeen ken sy eie voertuig, elkeen het sy eie ondervindinge in die verlede gehad en jy moet dus self besluit wat jy wil saamry en hoeveel daarvan. ONTHOU NET, DIE EKSTRA GEWIG WAT JY GAAN SAAM RY en GEWIG IS JOU DIE GROOTSTE VYAND WANNEER JY TOER. Die belangrikste is om soos alles in die lewe om 'n balans te handhaaf.

'n Spesiale woord van dank aan Gawie Rossouw vir die hulp wat hy verleen het om die korrekte Afrikaanse woorde te vind vir die baie Engelse benamings vir gereedskapstukke wat ons so maklik in ons daagliks gesprekke met vriende gebruik.

Laaste Bywerking: 2014/02/18

Flag Counter